Helena JF Lochner
Kleuterland is ‘n pragtige kinderboek met 40 stories en pragtige illustrasies vir kleuters uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochner en was oorspronklik deel van ’n reeks van ses bundels, onder andere Diereland, Storieland, Kammaland en Avontuurland. Dit is lekker-lees stories vir voorlees aan kleuters.
Die stories in die bundel word volgens bevatlikheid rangskik. Die langste woorde in die eerste ses stories bestaan uit slegs drie letters, dié in die volgende drie stories uit vier lettes en die volgende drie uit net vyf. Gaandeweg word die woorde moeiliker en langer.
Die kleurvolle illustrasies is deur Liezl Potgieter gedoen.
Oor die outeur:
Helena J. F. Lochner, die bekende skrywer van kinderboeke, gebore in 1892 en die grootste gedeelte van haar lewe ’n onderwyseres, is reeds in 1951 oorlede. Danie Botha het by geleentheid na haar verwys as “Afrikaans se Hans Christian Andersen”. Sy het ook die meeste van haar eie boeke illustreer.
Uitgewer: Protea
Prys: R150-00
* Prys onderhewig aan verandering