Klimtol

klimtol regdeur Etienne van Heerden

Dié yo-yo wat van sy vinger afkatrol het eens op ʼn tyd vol sale getrek. In die dae van fleur van flambojansie, toe hy met eendsterthare en in sy smoking jacket met elke hopstappie en kierang die gehoor kon betower. Maar nou is Ludo Loeloeraai se grys hare, en verlang hy na die kamervrou wat hy dekades laas gesien het. Die bloedkol op die pad by Tweefontein kan hy nie vergeet nie, en so ook die eerste verskyning van die vliepiering op die oop pad…

Die hier op Paternoster, waar by hy aan die einde van ʼn baie lang pad tot rus probeer kom, dat Saartjie Windvogel haar opwagting maak. Nou eers kon sy van die suikerhuis wegbreek, maar sy het steeds die aand toe haar viool stukkend getrap is, geweet dat daar vir haar nooit weer ʼn terugkeer na Matjiesfontein sou wees nie. En dis op Paternoster waar haar pad kruis met dié van Eenslie Maree, pas uitgeklaar as adelbors. Hy sóék haar, want sy is ʼn pragtige meisiekind met lang bene en goeie dye, kuite soos twee visse en regop borste, en hy is ʼn jongman in uniform met ʼn reguit rug. Al weet hy dat sy die een is wat die bouers jumps gee. Al sê mense selfs oom Ludo ry elke oggend verby die vuurtoring om Saartjie in die reservaat te ontmoet en die hoekom hy deesdae so sonbruin en gesond lyk.

Een ding is seker: twee lyke wat so kort na mekaar verby Bekbaai uitspoel is nie ʼn grap nie. Wat sou al dié sterftes met die vloek van die see na Paternoster gebring het?

Oor die outeur:
Internasionale bekende skrywer Etienne van Heerden woon saam met sy vrou, Kaia, op Stellenbosch. Hierdie veelbekroonde skrywer is die afgelope twee dekades reeds betrokke by die doseer van letterkunde, literêre teorie en kreatiewe skryfwerk. Tans is Prof. Van Heerden verbonde aan die Universiteit van Kaapstad waar hy benewens kreatiewe skryfwerk-begeleiding ook gemoeid is met die doseer van literêre teorie, mediastudies en Suid-Afrikaanse en Nederlandse letterkunde.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R220-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.