Knolle, bolle en tuinkaperjolle

Samantha van Riet

Kinders van ses tot nege jaar oud is die teikengroep vir dié eg Suid-Afrikaanse boek oor groentetuine. Hulle sal leer hoe om ‘n tuin uit te lê, die soorte grond en hoe om grond voor te berei, plant en saai, snoei en oes van hulle eie gesonde groente, slaaie en kruie. Daar is ook handwerkprojekte wat met tuinmaak verband hou en maklike resepte.

Die boek is in twee dele: die eerste oor grondvoorbereiding, saai en omsien na die plante terwyl hulle groei; herwinning, die seisoene, insekte en voëls en natuurlike siklusse. Die tweede deel sal kinders inspireer om hulle groente-oes te geniet. Elke groente word op ‘n dubbelblad gewys, met inligting, foto’s, illustrasies en maklike resepte daarby.

Kinders sal trots wees op groente wat hulle self geplant en versorg het, en hulle gaan sommer ook lus wees om minder bekende groentes te probeer as hulle betrokke was by die plant en oes daarvan! Dis ook ‘n wonderlike manier om kinders van die rusbank af tot in die tuin te lok, en ‘n heerlike aktiwiteit vir gesinne om saam te doen.

Duursame, groot formaat, hardeband uitgawe.
Idelae geskenkboek vir seuns EN meisies.
Kinder leer op dié manier oor belangrike natuurlike begrippe wat hulle sal toerus om meer bewus te wees van ons natuurlike hulpbronne: natuur-siklusse, belangrikheid van water, organiese verbouiing van groente, herwinning.
‘n Heerlike buite-aktiwiteit wat gesinne ook saam kan doen.
Moedig gesonde leefstyl aan.
Gerig op ons Suid-Afrikaanse omstandighede.

Oor die outeur:
Samantha van Riet is ‘n vryskutillustreerder met 19 jaar ervaring van illustrasiewerk vir meestal prenteboeke en skoolgerigte boeke vir kinders. Haar kliënte sluit o.m. Oxford, McMillan, Lapa, Juta en MML in. Sam was nog altyd lief vir tuinmaak, maar sedert sy ‘n paar jaar gelede uit die stad Paarl toe verhuis het, het die gogga behoorlik gebyt en wil sy deur dié boek haar passie met jong lesers oral in Suid-Afrika deel. Sam is getroud met Allen Goosen en hulle het twee kinders.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R180-00*
*Prys onderhewig aan verandering

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.