Beproefde resepte van die dames van die Pretoria Polisie offisiersvroueklub
Knuppeldik aan Koningskos is ʼn resepteboek wat deur die dames van die Pretoria Polisie Offisiersklub se kampioenbaksters opgestel is. Op sigself spreek elke resep van fyn beplanning en ʼn wyse insig, want hier het ons met ʼn praktiese resepteboek te doen – nie alleen vir baasbaksters nie, maar ook vir beginners en enige man wat sy hand aan die kookkuns wil waag. Opvallend is die deurlopende humor – dit is net so heerlik as die geregte, glo my! Kyk maar net na die Knuppeldikkie wat oral sy kop uitsteek en ʼn glimlag ontlok.
Ek beleef die boek as ʼn praktiese handleiding, ook vanweë die kosbare wenke en pragtige gedagtes wat op elke bladsy verskyn. Voorwaar ʼn spoguitgawe en ʼn moet in die kombuis van ieder en elk.
Dit is met groot verwagtinge dat die fondse wat met hierdie boek ingesamel word ten bate van die S.A. Poliesiegeriewefonds en die S.A. Polisiebejaardesorgfonds aangewend sal word.
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636
Ek is getroud in 1984, Knuppeldik is van die eerste resepteboeke wat ek destyds gekoop het! Ek gebruik hom nog al die jare, blaaie vol kolle en boek al “losserig”!! Die Pannekoekresep op Bl 308 en Vinnige Botterbroodjies op dieselfde bladsy bak ek tot vandag toe!! Die Kleinkoekie-resepte(amper almal) bak ek vir kliente! My “go to”- boek!En verder…te veel om op te noem!!!! Wonderlike boek en vandag steeds een van die bestes om as geskenk te gee!! Dankie vir jullex
Hierdie boek kan ek nie sonder nie en niks “flop” nie – ek het die boek gekoop toe hy net uitgekom het en dit was elke sent werd !!
Heerlik