Kô lat ons sing

Adam Small

Hierdie keur uit al vyf Afrikaanse digbundels van Adam Small gee ’n beeld van sy onmisbare plek in die verruiming van die Afrikaanse letterkunde. Die meerderheid van die gedigte kom uit Kitaar my kruis en Sê Sjibbolet. Die keur weerspieël deurgaans Small se meelewende kyk in die lotgevalle van die bruin Kaapse werkersklasmense.

Dit wys ook sy knap beheersing van humor, ironie en satire om gesagsfigure te hekel, en bowenal sy kreatiewe ontginning van alledaagse spraakvorme, rympies, liedjies en veral sy aanwending van Kaaps waaroor hy in die naskrif by Kitaar gesê het: “Kaaps is ’n taal . . . ’n taal waarin mense hul eerste skreeu skreeu en hul doodsroggel roggel.”

Oor die outeur
Adam Small is op 21 Desember 1936 op Wellington gebore. Hy voltooi beide sy skool- en universiteitsloopbaan in die Kaap waartydens hy ook periodies student is aan die Universiteite van Londen en Oxford. In 1963 verwerf hy ’n MA cum laude in filosofie aan die Universiteit van Kaapstad en is deurentyd betrokke by universiteite soos die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) tot sy uittrede in 1997. Small het in 1957 met Verse van die liefde gedebuteer. Van sy ander bekende digbundels sluit in Kitaar my kruis (1961) en Sê sjibbolet (1963). Sy bekendste drama is sekerlik Kanna hy kô hystoe (1965).

Uitgewer: Kwela Boeke
Prys: R160,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.