Koffer in Berlyn – Essays oor kabaret

Hennie Aucamp

Is kabaret aan’t anders word? Kan wat vandag deurgaan as kabaret die toets met die verlede deurstaan? Veral in Suid-Afrika, waar soms baie slordig omgegaan word met die woord “kabaret”. Kabaret, daardie intieme kultuuruiting, opgevoer voor ’n klein gehoor in ’n beperkte ruimte, is nie meer die reël nie. – Hennie Aucamp in ’n onderhoud op LitNet.

Na aanleiding van hierdie vrae het Hennie Aucamp sy bundel essays oor die kabaret, Koffer in Berlyn saamgestel. In Koffer in Berlyn ontleed Aucamp die talle fasette van kabaret: die integrasie tussen beeld, musiek en woord – met ’n tema en struktuur waarin ironie sentraal staan. Lesings, resensies, koerant- en tydskrifartikels en ander letterkundige bydraes, sowel as uittreksels van sommige van Aucamp se kabarette word in Koffer in Berlyn byeengebring. Aucamp bespreek kabaret wat internasionaal gebesig is en laat die soeklig ook op die plaaslike toneel val. Met Koffer in Berlyn vul Hennie Aucamp nog ’n leemte in die Afrikaanse letterkunde.

Oor die outeur:
Hennie Aucamp is die skrywer van ’n Vreemdeling op deurtog (2007), Vlamsalmander (2008), Die huis van die digter en ander liefdesverhale (2009), Oor en weer (2010) en Lendetaal (2011) wat by Protea Boekhuis verskyn het.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R250-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.