Koljander

Carié Maas

Wanneer Karen en Ben Strauss se baba gebore word, besef Karen en haar ouers opnuut dat haar broertjie Roux se lang skadu nog altyd oor hulle elkeen val. Sal Karen se kind ‘n nuwe begin wees, in haar pa se woorde ” ‘n impakspeler wat net voor beseringstyd op die veld kom en die blerrie WP ‘n slag laat wen?”
Want onwillekeurig is haar pa, Henrik, se aftrede, die tyd vir bestekopname; vir die verskrikking van saamleef met jou doen en late. En wat van Karen wat glo haar ma het haar nooit vir haar broer se dood vergewe nie?
Gaan vrees weer die motiveerder wees vir hierdie nuwe opperste wedloop van haar lewe, soos met die meedoënlose maatslag van die Radetzky-mars op elke atletiekbyeenkoms van destyds? Sy moet boonop ‘n ontwerpkompetisie wen, want daardie podium sal haar en Ben se finansiële redding moet wees.

In hierdie roman word die leser geneem op ‘n reis na die binnewêreld van die kunssinnige Karen en van haar siniese fisikuspa. Dit is die verwikkeldheid van vergifnis wat die verhaal rig, en hulle eindelik ook na die trauma laat kennis maak met die gestroopte skoonheid van Mali in Wes-Afrika.

Oor die outeur:
Carié Maas het jare se ondervinding aan die produksiekant van finansiële publikasies. In haar loopbaan was sy onder meer produksieredakteur van (toe nog) Finasies en Tegniek en adjunkredakteur avn die reistydskrif Mooiloop. Sy was ook betrokke by doe produksie van Sake24 in Beeld en Rapport en Nedbank se publikasies. Sy woon in Johannesburg en doen van tyd tot tyd vryskutwerk vir tydskrifte soos Rooi Rose en De Kat.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R190-00*
*Prys onderhewig an verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.