Kom in, dit vries daar buite

Alfred Schaffer

In hierdie bundel vertaal Daniel Hugo gedigte uit die vyf bundels van die Nederlandse digter Alfred Schaffer asook enkele ongepubliseerde gedigte. Die keuse is deur die digter self. Schaffer se surrealisme verse leen hulle nie tot maklike interpretasie nie. Dit is dikwels haas onmoontlik om die situasie te kontekstualiseer of selfs net om te besluit of hier sprake van die werklike wêreld of eerder van drome en verbeelde gebeure is. Tog handel die gedigte meestal oor baie konkrete dinge: ‘n ou man se verjaarsdag; mense in ‘n swembad; besoektyd aan ‘n hospitaal; ‘n tenniswedstryd. Volgens een resensent gee Schaffer met die opstapeling van skynbaar verbandlose sinne en los beelde juis die menslike kondisie van die een en twintigste eeu presies weer: “De mens heeft zijn hoofd op hol gebracht met de eindeloze stroom van ficties die hij gecreëerd heeft. Hij zoekt opgejaadg naar referenttiepunten, houvast, maar vindt er geen meer” (De Tijd). Of, om dit in die digter se eie woorde voo te stel:

Waarheen moet ek gaan, ek kyk op,
proe die fyn reën op my tong.
Dit is nog ‘n behoorlike ent om te loop
voor ek iets herkenbaars sal bereik-
ek ky op my horlosie en begin vinniger stap.
Ek weet nie meer waar ek vandaan kom nie. (Zin opkomst in de voorstad)

Oor die outeur:
Alfred Schaffer is van Nederlands-Arubaanse afkoms en het in Leiden studeer. In 1996 verwerf hy ‘n doktorsgraad aan die Universiteit van Kaapstad. Hy skryf vir Die Burger en Beeld oor Nederlandse gedigte en stel saam met Antjie Krog Nuwe Stemme 3 saam. Tans is hy ‘n dosent by die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit ban Stellenbosch. Hy is meermale in Nederland vir sy Poësie bekroon.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.