Kom leer by die kenners ’n kinderboek skryf

kinderboekskryfskool

Die ATKV bied ‘n Kinderboekskryfskool in Julie in Gauteng aan. Foto: Argief.

Die ATKV bied vanaf Woensdag 8 Julie tot Vrydag 10 Julie ’n Kinderboekskryfskool in Muldersdrift aan.

Gedurende die skryfskool sal aspirantskrywers leer hoe om ’n kind of tiener se verbeelding aan te gryp. Vir drie dae lank sal hulle net kinder- en jeugliteratuur praat, eet, speel en skryf.

Die kursusleier is prof. Franci Greyling van die skryfkuns-afdeling aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus. Fanie Viljoen, prof. Hans du Plessis, Christien Neser en Miemie du Plessis is van die sprekers wat vanjaar se kursusgangers sal oplei.

Die totale koste van die skryfskool beloop R980 per persoon. Dit word aangebied by die Glenburn Lodge, Muldersdrift. Inskrywingsvorm is beskikbaar by www.atkv.org.za en die sluitingsdatum vir inskrywings is Woensdag 10 Junie 2015. Daar is slegs plek vir 30 kursusgangers. Bespreek dus sommer vandag nog jou plek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lienkie Roos ·

Kan ek asb meer inligting kry om Kinderstories te kan skryf. Ek is bereid om kostes te dra, ek bly in Wes Kaap. Boeke Groete

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.