Kompetisie: Dirk soek ‘n huis!

Foto: NB-Uitgewers

Foto: NB-Uitgewers

Hierdie kompetisie is gesluit: Smag jy soms na ’n lekker stywe drukkie? Dirk het een dringend nodig en hy gaan soek totdat hy die perfekte drukkie kry. Die Dirk-boeke het kinders regoor die wêreld se harte bekoor en nou staan jy die geleentheid om ‘n regte egte Dirk-beer vir jouself te wen!

Een saggeaarde, liefdevolle, lojale, snoesige Dirk-beer moet ‘n nuwe huis kry nadat hy die afgelope winter saam met ‘n paar van sy maats knus in NB-Uitgewers se kantoor gebly het. Dirk wil nou vir nuwe maats van hierdie gewilde reeks boeke vertel!

Wat kan jy wen?
Die eerste prys wen ‘n Dirk-teddiebeer en ‘n eksemplaar van Nog drukkies vir Dirk!
Tweede en derde prys is ‘n geskenkpak met al vier Dirk-boeke

Wat moet jy doen om te wen?
Stuur voor 25 November vir ons ‘n e-pos na [email protected] met “Dirk” in die onderwerpveld en beantwoord die volgende twee vrae:

1. Noem al 4 Dirk-boeke se titels
2. Waarom moet Dirk by jou kom bly?

Die wenners sal aangewys word op grond van die vermaaklikste antwoorde wat ontvang word. ‘n Onafhanklike paneel sal hieroor besluit. Die beoordelaars se beslissing is finaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

adriana ·

Toemaar Dirk, Dirk slaap oor,Dirk soek. n Drukkie ,Nog drukkies vir Dirk. My kleinkinders ,kuier gereeld en is gewoond aan mooi slaaptyd stories,dis al wat mooi en by hul gaan pas, kyk nie veel TV nie,en hou van lees ,saam ouma, En ouma het nie n Maatjie so sy kort n Drukkie van Dirk,as sy eensaam raak,geseende dag. Vir almal!

charlotte ·

Dirk soek ‘n drukkie, Toemaar Dirk, Nog drukkies vir Dirk en Dirk slaap oor.
My naam is Charlotte-Jane en my mamma is Nellie en ouma is Charlotte, hulle het net vir my en ek het net vir hulle – hulle druk vir my op – kan Dirk asseblief kom help!!!

charlotte ·

Dirk soek ‘n drukkie, Toemaar Dirk, Nog drukkies vir Dirk en Dirk slaap oor.
My naam is Charlotte-Jane ek het net vir ouma en Mamma en hulle druk vir my op –
kan Dirk asseblief kom help!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.