Koop-‘n-Afrikaanse-boek-dag

Maak gebruik van koop-’n-Afrikaanse-boek-dag op 13 Augustus

Daar is mense wat nou reeds mooi bedink watter van die pragtige Afrikaanse boeke wat daar te koop is, hulle teen ’n afslag van tussen10-25% wil gaan koop. Van die boekwinkels sê hulle het ou kliënte wat sommer maande voor die tyd al begin om hopies boeke te gaan uitsit en dan op 13 Augustus kom koop, as dit nie vir eie genot is nie, dan as ’n geskenk vir iemand anders.

Eintlik neem al die groot boekwinkels deel aan hierdie besonderse dag, sommige gee sommer vir ‘n hele week afslag.

Besoek:

  • PNA (alle takke),
  • Cum Boeke (alle takke),
  • Exclusive Books,
  • Bargain Books (Paarl, Stellenbosch, Waterstone Village, Caledon, Worcester, Hermanus, Vredenburg, Langebaan en Jeffriesbaai),
  • Wordsworth (Tuinesentrum, Somerset Mall, Stellenbosch, Knysna, George, Longbeach en Willowbridge),
  • Van Schaik Boeke (Stellenbosch en Potchefstroom),
  • Protea Boekwinkel (Stellenbosch, Potchefstroom, Nelspruit en Pretoria),
  • Griffel Uitgewers,
  • Griffelhoekie (Nylstroom),
  • Painted Words (Nylstroom),
  • Graffiti Boekwinkel (Pretoria),
  • Leserskring en Boek Hoekie (Paarl).

As die klein boekwinkeltjie op jou dorp nie weet van hierdie veldtog nie, oorreed hulle om ook deel te neem. Hierdie leesbewusmakingsveldtog het geen verloorders nie, net wenners – of jy nou ‘n boekhandelaar, ‘n uitgewer, ‘n leser of ‘n skrywer is!

Ondersteun Afrikaans hierdie Augustusmaand en koop ’n Afrikaanse boek op 13 Augustus. Kom ons help mekaar om ’n leeskultuur te vestig en die uitgewers en boekwinkels te help om aan te hou om ons van pragboeke te voorsien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.