Koos Kombuis se eerste jeugboek is hier!

monster goggasMonster-Goggas deur Koos Kombuis
Met illustrasies deur Alex van Houwelingen

Daar is iets vreemds aan die gang op Gelukspruit… Wanneer ‘n spinnekop een van die seuns in die Graad 7-klas byt, swel hy tot ‘n reusagtige grootte! En dan is daar die monsteragtige sprinkane wat die skoolbus aanval, miere so groot soos katte wat die strate invaar, en die vreemde ding wat ‘n gat deur die laboratorium se draadheining gevreet het… Toe al die grootmense deur monster-goggas gyselaar gehou word, moet Gappie en Nadia al hulle moed bymekaarskraap om uit te vind wat aangaan. Voor dit te laat is!

“Koos Kombuis bly een van my gunsteling skrywers, en as jeugverhaalskrywer is hy beslis uniek!” skryf Anna Emm, kinderboekuitgewer. “Wat ‘n heerlike voorreg om ons jong lesertjies nou ook aan sy vlymskerp sin vir humor, sy slim spelery met woorde, en sy fyn waarneming van mense te kan blootstel. Kinders van alle ouderdomme, asook sy meer tradisionele aanhangers (as mens die woord “tradisioneel” en Koos Kombuis in een sin mag gebruik!) sal hierdie boek beslis geniet. Alex van Houwelingen is een van ons land se top illustreerders, en sy illustrasies bring op ‘n humoristiese wyse lewe aan Gappie en Nadia se storie. Monster-Goggas is ‘n moet vir elke Suid-Afrikaanse kind se boekrak!”

A5 sagteband 100 bladsye. Geskik vir selflees vir 8-12 jariges.

Klik hier om die boek te koop
Prys: R120-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.