Kopskuif

Dawie Smith

“Dawie Smith is wyd bekend as ’n baanbreker in die wetenskaplike fundering en uitbouing van persoons- en verhoudingsontwikkeling. Hy was die stigter van universiteitsgrade in Persoonlike, Interpersoonlike en Professionele Leierskap aan die RAU en later die Universiteit van Johannesburg. Hy bied publieke en korporatiewe kursusse aan in persoonsontwikkeling, temperamentontleding, totale welstand, spanbou, huweliks- en gesinsver­ryking en vele meer.
’n Reeks praatjies wat Dawie Smith saam met Minnette Dempsey in 2010 oor RSG aangebied het, het soveel belangstelling uitgelok dat dit aanleiding gegee het tot die samestelling van hierdie boek. Meer as 1 000 eposse is in die proses persoonlik beantwoord.

Elkeen van ons moet daagliks keuses maak. Hierdie inspirerende boek is die resultaat van Dawie Smith se jare­lange navorsing in leierskapontwikkeling. Jy sal jouself en ander leer ken aan die hand van agt lewensoriëntasies. Elkeen van hierdie Kopskuifhoofstukke bied ’n hartsboodskap van hoop en persoonlike verryking.

Uitgewer: Naledi
Prys: R169,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.