Kos vir die kenner

C. Louis Leipoldt

’n Aangepaste heruitgawe van C. Louis Leipoldt se klassieke werk uit 1933,  Kos vir die kenner. Naas sy talente as skrywer en medikus, was Leipoldt ook een van Suid Afrika se vroegste koskenners. Hy word vandag steeds in koskringe met groot agting bejeën en inspireer kosmense sowel as gewone kokke. Kos vir die kenner bevat meer as 2000 van sy klassieke resepte wat die volle spektrum van die kookkuns dek. Die boek, wat tereg as Africana beskou kan word, is meer as ’n resepteboek. Dit verskaf ook ’n terugblik op Suid-Afrikaanse eetgewoontes. Geregte wat amper vergete geraak het  – soos kastaiings, araroet, pelikaan- of pikkewyneiers en korhaanbredie – word in die boek beskryf en so word toeka se kos en kosterme vir die nageslag bewaar.  Die boek bevat ook ’n omvattende hoofstuk oor veldkos.

 

Oor die outeur

C. Louis Leipoldt was ’n meestersjef en digter, met diplomas van drie van Europa se beroemde sjefs, insluitende dié van koning George V. Hy is een van die vroegste koskenners van Suid Afrika en word deur vandag se kosghoeroes met groot bewondering bejeën.

 

Uitgewer: Human & Rousseau

Prys: R230,00*

* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.