Kosblik

deur Nicole Jaekel Strauss (samesteller)

Kosblik is nie ʼn kookboek nie, maar ʼn versameling verhale deur sowel gevestigde as nuwe skrywers in Afrikaans. Van Marlene van Niekerk tot Wilma Adriaanse tot Irma Joubert. Dit bied ʼn blik op een besonderse resep, een buitegewone dis, een onvergeetlike maal.

Bydraers sluit in Marlene van Niekerk, Nanette van Rooyen, Joan Hambridge, Marié Heese, Christine Barkhuizen –Le Roux, Kerneels Breytenbach, Reinet Nagtegaal en Helena Gunter.

Kosblik is ʼn heerlike boek wat gemik is op sowel die leser van ernstige literatuur as die liefhebber van stories oor kos en wyn, en dit sluit smulpape en gastronome in.

Oor die samesteller:
Nicole Jaekel Strauss het in die regte studeer. In 2009 het sy haar M.A. in Kreatiewe Skryfwerk (cum laude) onder leiding van Etienne van Heerder ontvang. Sy en haar gesin woon in Oranjezicht. Haar debuut-kortverhaalbundel, Maal, is in 2011 bekroon met die Eugène Marais-prys en die Universiteit van Johannesburg-prys vir die beste skeppende debuutwerk in Afrikaans.

Uitgewer: Queillerie
Prys: R220-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.