Kreatiewe skryfsessies by die Taalmuseum

Skrywers, aspirantskrywers en woordliefhebbers kan op Donderdag 27 of Vrydag 28 Oktober ‘n kreatiewe skryfsessie by die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl bywoon.

Die aanbieder is die kreatiewe skryfonderrig-spesialis dr. Estelle Kruger, wat die afgelope 10 jaar klas gee aan onderwysstudente aan Stellenbosch Universiteit. Sy spesialiseer in kreatiewe skryf, taalonderwysopleiding en –verryking, kinder- en jeugletterkunde, en rekenaar- en webgesteunde taalonderrig.

Die kursus is geskik vir enigeen wat inspirasie soek vir sy of haar daaglikse omgaan met woorde, soos om kreatiwiteit in die klaskamer aan te moedig. Elemente soos klei, sand, foto’s, klank en reuke word ingespan om deelnemers se verbeelding te stimuleer. Die program sluit skryfoefeninge in, waaronder die skryf van gedigte soos die haiku en die tanka.

Die skryfsessies vind van 08:30 tot 12:30 plaas. Kaartjies kos R200.00 en sluit ligte verversings in. Hoërskoolleerders, studente én volwassenes is welkom om in te skryf. Belangstellendes kan bespreek by tel. 021 872 9754 of by www.cultivaria.com.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.