Kruitvat

Henning J van Vuuren

Die jong koerantbaas op Phalaborwa, Adriaan Ferreira, het baie hooi op sy vurk. Hy het aanvanklik gedink sy koerant, Bosveldnuus, gaan ’n rustige lewe tot gevolg hê, want hoe moeilik kan dit nou wees om oor sportbyeenkomste en troues te skryf? Maar dié amateurjoernalis sit die pot heeltemal mis. Eers word ’n meisie noodlottig in ’n tref-en-trap beseer en daarna volg ’n grusame moord. Twee uiteenlopende gebeure, wil dit voorkom, maar gerugte op die dorp vertel ’n ander storie. En gemoedere loop hoog.

Gooi by hierdie onstabiele situasie ekstreem konserwatief-Christelike sienings, ’n Portugees wat met wapens smokkel, ’n verhouding met die verkeerde vrou en ’n vriend uit Adriaan se verlede wat ou spoke opjaag, en jy het ’n kruitvat wat wag om te ontplof. Adriaan sit dalk op die grootste – maar ook die gevaarlikste – storie van sy kort joernalistieke lewe. En hy is beslis nie toegerus vir dié een nie. Wat jy sien, is nie altyd wat jy kry nie.

Die boek het reeds meer as 10 vyfster-resensies op Amazon se webblad.

Oor die skrywer:
Henning J van Vuuren het ná skool aan die Universiteit van Pretoria in die regte studeer. Daarna sluit hy hom by die Suid-Afrikaanse Polisie aan, waar hy ’n offisier word. Hy bekwaam hom later as prokureur, maar sy passie vir skryf laat hom ’n kursus in Kreatiewe Skryfkuns en Joernalistiek loop. Hy het ook as joernalis vir die Laevelder in Nelspruit gewerk. Etlike kortverhale uit sy pen, in Afrikaans sowel as Engels, is op Litnet gepubliseer, en hy was in 2009/2010 een van die top-vyf in Tafelberg/Sanlam se Jeugromankompetisie.

Uitgewer: e-Boeke vir Afrika
Kruitvat is te koop by onder meer Amazon, Kalahari en Leserskring:
e-Boek vir Kindle of e-leser met die Kindle Apps
Sagteband
e-Boek in ePub-formaat

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.