Kyk: Die wipplank van geskiedenis; volg SA ook die Zimbabwe-pad?

Ernst Roet en Flip Buys bespreek die boek ‘Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur’. (Foto: ‘n Skermgreep uit die video.)

’n Langtermynbeskouing van die geskiedenis is noodsaaklik. Dit toon dat omstandighede in lande dikwels drasties verander – en wissel tussen goeie en slegte tye.

Hoewel bespiegel word dat Suid-Afrika dieselfde roete as Zimbabwe gaan volg, stel Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, dit duidelik dat sterk georganiseerde kultuurgemeenskappe – soos Solidariteit en AfriForum – in Suid-Afrika die rol van die belangrikste teenwigte in die land se verval moet speel.

Buys bespreek dié teenwigte in meer besonderhede in die onderhoud met Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie.

  • Maroela Media plaas elke Vrydag en Woensdag een van ʼn reeks van vyf video-onderhoude waarin Buys en Roets enkele brandpunte wat die toekoms van die Afrikaner raak. Dié sake word volledig in Buys se nuwe boek, Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur, uiteengesit. Die pad na selfbestuur word deur Kraal Uitgewers uitgegee en is hier beskikbaar teen R300.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Deloris

Ek se SA vol vinnig in Zim se spore….

Hendrik

Ons moet net nie die S woord gebruik nie. So ek sal maar die program , wat ek ondersteun, die Ontplooiende Selfstandige Ontwikkelings Area (OSOA) noem . Dit is areas naby kerndorpe ,soos voorgestel deur SB, waar volgens wettige stadsbeplanning (SPLUMA) ontwikkeling plaasvind waar , soos Flip voorstel, konsentrasie Afrikaners kan woon. Die veiligheids areas sal natuurlike gebruik maak van selfstandige energiebronne en water, om produkte en dienste te lewer aan kerndorpe en stede. Hierdie gebiede kan sy eie gesondheid, tersiere, maatskaplike dienste lewer . Belangrik is dat dat hierdie areas redelik naby die bestaande markte moet wees om ekonomies… Lees meer »

Kaal Keiser

Dit is mos al lank al duidelik sigbaar…

Charles

Wonderlik!!!

Kinderkrans

Vertel ons ‘n nuwe sprokie. Miskien glo ons dit.