Laaste sê

Izak de Villiers

Izak de Villiers was ’n gewilde skrywer wat lesers oor die hele Suid-Afrika se harte aangeraak het. As skrywer van Sarie se agterblad-rubriek “Laaste sê” het hy talle lesers gedwing om hul tydskrif van agter af te lees! En soos hy self gesê het: “Die meeste van ons hou van ’n storie van liefde en jeug en lente, van die eintlik onmoontlike gemeng met ’n knippie hartseer, of sommer ’n hele eetlepel daarvan.” Laaste sê is ’n versameling van 31 Laaste sê-stukke uit die pen van wyle Izak de Villiers. Met sy fyn humor wys hy vir lesers die dieper waarheid agter elkedagse dinge. Die ligte stories, wat vanuit ’n Christelike perspektief geskryf is, sal lesers boei en laat lag. Laaste sê is die ideale boek vir Izak de Villiersaanhangers vanuit die Sarie-geledere, asook vir enigiemand wat hou van ’n goeie storie uit die pen van iemand wat weet waarvan hy praat.

Oor die outeur
Izak de Villiers (1936-2009) was ’n bekende predikant, en ’n bekroonde digter, skrywer en gesangberymer. Hy was die redakteur van ’n baie suksesvolle vrouetydskrif, sowel as van ’n groot Afrikaanse koerant. Hy was ’n direkteur van Nasionale Media Bpk., lid van die Uitvoerende Raad van die Suid- Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en ook ’n alumnus van die United States-South Africa Leadership Exchange Program. Izak is deur verskeie prestige-instansies vir sy skryfwerk bekroon. Hy het onder andere die Credo-prys, die Andrew Murray-medalje en die Kankervereniging se mediaprys ontvang. Die FAK se prestige-prys vir diens aan die Afrikaanse kultuur is in 1998 aan hom toegeken. Hy het ook Orde van die Disa (Offisiersklas) van die Wes-Kaapse regering ontvang vir sy diens op alle terreine waar hy gehelp het.

Uitgewer: CUM Uitgewers
Prys: R79,95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.