Lam in wolfsklere

Bernette Bergenthuin

Lam in Wolfsklere is ‘n romantiese komedie met ‘n effense Chicklit-aanslag. Dit handel oor kwessies wat die moderne jong vrou raak. Hedendaagse issues is meer as die 80’s en 90’s se Men are from Mars and Women from Venus. Dit sluit commitment-issues, voorhuwelikse seks, bagasie en veral die professionele interaksie tussen mans en vroue as ‘n veldslag in the “battle of the sexes” in.

Dit spreek kwesssies soos “he’s just not that into you”, saamblyverhoudings en die paradoks van die jong professionele vrou se hunkering na ‘n voorstedelike liefdesverhaal, kinders en ‘n blinkloopbaan in.

Vriendskappe, ouer en volwasse kind-verhoudings dra ook by tot die spanningslyn. Oorspronklike kwinkslae en vlymskerp humor verseker leesgenot, en die romantiese draad en uiteindelike vervulling van die heldin se behoeftes sorg vir ‘n gekoesterde gevoel wat die leser dae lank sal bybly.

Oor die Outeur: 
Bernette Bergenthuin is na ses wonderlike jare op Matieland terug in Pretoria. Sy is tans besig om haar prokureursklerkskap te voltooi onder die bekwame leiding van die eksperts by Van Zyl le Roux. As sy nie hof toe skarrel of die Jakarandastad herontdek nie, tik sy verbete aan stories wat wag om vertel te word. Gauteng beloof om ’n bron van nog baie verhale te wees!

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R175-00*
*Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.