Laslap en kwilt – Inspirasie uit die verlede

deur die Suid-Afrikaanse Kwiltersgilde

Hierdie boek  bring hulde aan die Suid-Afrikaanse kwiltgeskiedenis en die topkwilters in Suid-Afrika. In Suid-Afrika is kwiltwerk nie so deel van ons kultuurgeskiedenis soos wat dit byvoorbeeld in Amerika of Engeland is nie maar dat dit ryk is, is nie betwyfel nie. Die witgestyfde en gekwilte kappies wat vrouens tydens die pioniersdae in Suid-Afrika gedra het, vorm inderdaad een van die hoogtepunte van volkskuns in ons land. Een van die oudste laslapdekens dateer uit die jare 1805 tot 1806 en is in die Drostdy Museum in Swellendam te sien.

Die Suid-Afrikaanse kwiltersgilde het op 15 van hierdie erfeniskwilte of artikels in museums besluit, waarna drie topkwilters per erfeniskwilt genooi is om hulle interpretasie daarvan weer te gee. Elke erfeniskwilt het dus tradisionele, ʼn innoverende en kunsinterpretasie. Binne drie maande het 45 kwilters met ongelooflike kunswerke te voorskyn gekom wat in hierdie boek te sien is en ook gemaak kan word.

Die volgende word ingesluit:

  • 15 Erfeniskwilte met elkeen se kort geskiedenis
  • 45 inspirerende kwiltblokke
  • 45 topkwilters met hulle agtergrond en hoe hulle by hulle ontwerp uitgekom het
  • Die patroon en stap-vir-stap metode van elke kwiltblok

Die Suid-Afrikaanse Kwiltersgilde:
Die Suid-Afrikaanse Kwiltersgilde, die oorkoepelende gilde is vir alle kwilters in Suid-Afrika en naburige state, is in 1989 gestig met die doel om Suid-Afrikaanse kwilters se kwiltwerk plaaslik sowel as in die buiteland te bevorder. Behalwe dat beoordelaars opgelei en kwiltfeeste aangebied word, is die gilde nou betrokke by die ophef van gemeenskappe. Daar word mense geleer om iets moois uit min te skep totdat hul kwiltwerk enersyds as versiering kan dien en andersyds as ʼn bykomende verdienste aangewend kan word. Die gilde is ook nou betrokke by die dokumentering van die Suid-Afrikaanse kwiltgeskiedenis.

Uitgewer: LAPA uitgewers
prys: R180-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.