Leef uit jou doop

Adrio König

Die doop is ’n onderwerp wat dikwels gemengde reaksie ontlok. Hierdie boek het ’n totaal ander benadering tot die doop as die vorige eeu se getwis daaroor. Dit wys dat die doop een van die rykste boodskappe in die Bybel het en dat gelowiges die doop en die betekenis daarvan afskeep. Leef uit jou doop deur Adrio König wys vir jou dat die doop direk in verband staan met:

• God se gesag oor ons lewe,
• ons vereniging met Christus,
• ons deelname aan die heil,
• ons opname in die gemeenskap van God se kinders,
• die vergifnis van ons sonde,
• die Gees in ons lewe.

König fokus in hierdie boekie onder meer op die betekenis van die doop, die verbande van die doop, die doopviering en die bekeringsdoop. Hierdie boek kom sê vir jou: Leef uit die genade wat God in jou doop aan jou gegee het op grond van wat Jesus aan die kruis vir jou gedoen het.

Oor die outeur
Adrio König was vir meer as 40 jaar aan Unisa verbonde. Onder sy leiding is die grootste departement van Sistematiese Teologie en Etiek ontwikkel met dosente uit talle kerklike tradisies. Sy grootste belangstelling is die Bybel self, en veral die vraag of daar nie dalk meer in die Bybel staan as dit wat ons glo nie. In elke boek probeer hy ons geloof uit die volheid van die Bybel toets en verryk.

Uitgewer: CUM
Prys: R69,95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.