Leeus eet nie hondekos nie

deur André Bouchard

“Nie ‘n hond nie, ook nie ‘n kat nie! Hondekos stink,” het Karlien se mamma en pappa gesê. Omdat sy ‘n gehoorsame klein dogtertjie, bring sy toe aar ‘n leeu huis toe. Om ‘n leeu as ‘n troeteldier te hê kan nogal ‘n avontuur wees, maar dit veroorsaak ook unieke probleme.

‘n Boek vol heerlike galgehumor, tong in die kies geskryf vir kinders én grootmense. Beslis ‘n baie spesiale prenteboek wat getuig van André Bouchard se unieke talente en skerp humorsin

Oor die outeur:
André Bouchard werk as ‘n spotprentkunstenaar vir verskeie groot Franse koerante. Hy het ook ‘n hele aantal suksesvolle kinderboeke geskryf en geïllustreer en al met bekendes soos Quentin Blake saamgewerk.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R139-95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.