Lekker slaap storieboek

9780798163064deur Sam Taplin en Simona Dimitri

Hierdie pragtig-geïllustreerde boek bevat ses kort stories wat ideaal is om voor slaaptyd vir kleintjies te lees. Die delikate, lieflike stories soos “Klein Panda se drome”, “Baba Leeu se hik” en “Klein Konyn se serp” eindig elkeen met die babadiere wat sag en gelukkig aan die slaap raak. Dis lekker stewige kartonbladsye met bosselering en bladsymerkers maak dit perfek vir klein handjies om te hanteer.

Oor die outeur:
Sam Taplin woon in Londen en is al sedert hy kan onthou verlief op woorde. Hy het al van ʼn handboek vir Middeleeuse ridders, tot ʼn ensiklopedie oor dinosourusse geskryf. Sy werk is vir hom so lekker dat dit vreemd voel om betaal te word daarvoor.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R139-95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.