Lendetaal: Homoërotiek in die kunste en in die letterkunde

Hennie Aucamp

In Lendetaal gee Hennie Aucamp sy perspektief op vrae rondom kwessies oor homoërotiek in die kunste en in die letterkunde. Onder die afdeling “Kuns” word daar gekyk na die manlike naakt in fotografie, die voorstelling van die jong seun in die kunste en hoe gay kunstenaars die lyntekening in die verkenning van erotiese sones ontgin.

Die afdeling “Skrywers en individuele werke” is ’n kort historiese oorsig van die hantering van homoseksualiteit in literatuur. Skrywers soos Stephen Spender, C. Louis Leipoldt, Christopher Isherwood en Edmund White word belig en daar word aandag gegee aan gay stereotipes soos die cowboy in die kortverhaal “Brokeback Mountain”.

In “Bloemlesings” gee Aucamp onder andere ’n hipotetiese keur van gay verhale. Die laaste afdeling, “Egodokumente”, bespreek beroemde mense se dagboeke en daar word afskeid geneem van Lucas Malan.

Oor die outeur
Hennie Aucamp is die skrywer van ’n Vreemdeling op deurtog (2007), Vlamsalmander (2008), Die huis van die digter en ander liefdesverhale (2009) en Oor en weer (2010) wat by Protea Boekhuis verskyn het.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: 250,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.