Brenda Apsley
Op ‘n dag sien Tillie die beertjie hoe die ander bere skool toe gaan. Sy is nog te jonk om saam te gaan, maar Oupa Bielie-Beer sê hy sal haar solank leer lees. Tillie sê jy kan ook saam met haar leer! Oupa Bielie-Beer vra vir Tillie om allerhande goeters te soek en dan die eenvoudige woorde te lees. Kom lees saam met Tillie! Die draaiwiele en uittrek-bladsye is groot pret en vol verrassings. Jy kan die speelteëls op die laaste bladsy gebruik – druk die regte prent-en-woordteël op die regte plek in, haal dit dan uit en speel weer!
Oor die outeur
Brenda Apsley is ervare skrywer en redakteur in die VK wat ten volle betrokke is by die ontwikkeling van oorspronklike idees, die skryfproses en projekbestuur. Sy is ‘n gerespekteerde skrywer met ‘n reeks titels uit haar pen wat strek van boeke vir babas tot tienerverhale.
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R110,00*
* Prys onderhewig aan verandering