Liglopers

Maretha Maartens

Andries Hendrik Potgieter

Sya van der Walt

Hy het van kleins af gewéét dat hy anders is. Sy ma het geglo hy is maar net ’n alleenkind, hierdie agteragterkleinseun en naamgenoot van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Andries Hendrik het al hoe meer gevoel dat niemand hom verstaan nie. En só het hy sy rug gedraai op sy ouers én op God. Hy het vasgevang geraak in ’n dwelmhel. Met Liglopers vertel gewilde outeur Maretha Maartens op deernisvolle wyse die aangrypende ware verhaal van Andries Hendrik Potgieter en hoe hy ná ’n lewe van dwelms, rehabilitasie en ’n wegdraai van God sy geesgenoot, Sya van der Walt, gevind het. Vandag leef hy sy passie uit om hoop en entoesiasme in die harte van jongmense in Suid-Afrika te laat.Liglopers sal ook ʼn “QR code” hê sodat lesers ’n lied deur Andries Hendrik gratis kan aflaai in MP3-formaat.

Oor die outeurs
Maretha Maartens is die gewilde skrywer van dagboeke, romans, kortverhale, verhoogstukke en kinderboeke en
het al verskeie toekennings vir haar werk ontvang. Maretha en haar man, Hennie, woon in Bloemfontein.

Andries Hendrik Potgieter het as sanger al drie albums op sy kerfstok. Hy is een van die gassprekers tydens
Bobby van Jaarsveld se GIG-ministry-kampe vir jongmense van oor die hele land heen en werk saam met
verskeie ander organisasies soos Doxa Deo se Fusion-groep, Helpende Hand en die Oprah Winfrey
Academy for Girls om geleenthede aan jongmense in Suid-Afrika te bied.

Sya van der Walt is ’n senior politieke joernalis by die SABC. Sy is gereeld te sien op SABC se Afrikaanse
TV-nuus en haar stem is al baie bekend vir die luisteraars van onder andere, Radio Sonder Grense, SAfm,
Radio 2000, 5FM, Newsbreak and Radio Good Hope. Sya is ook Andries Hendrik se bestuurder sowel as
die projekbestuurder vir die twee albums, Rooiwarm en Basta.

Uitgewers: CUM
Prys: R99-95*
*Prys onderhewig aanverandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.