deur Knister
Lillie is ’n doodgewone dogtertjie … of so dínk sy, tot sy op ’n dag ’n towerboek langs haar bed ontdek. In ’n japtrap is Lillie fluks op pad om al wat ’n towerkunsie is onder die knie te kry … maar nie altyd sonder onverwagse gevolge nie. Boonop is niemand veronderstel om van haar toordery te weet nie – want sy is mos ’n geheime heksie!
In Lillie die heksie by die seerowers bevind Lillie haarself aan boord ’n regte-egte seerowerskip te midde van bloeddorstige seerowers,met die gevreesde Bakkebaard as kaptein. Hoe sal Lillie haarself uit hierdie penarie red? Of is dit die seerowers wat sal moet oppas vir Lillie?
Vir twee dekades reeds swaai Lillie die heksie haar towerstaffie oor kinderboekrakke dwarsoor die wêreld. Met totale wêreldwye verkope van meer as 20 miljoen eksemplare en vertalings in 40 tale is geen towerformule nodig om te voorspel dat sy ook Afrikaanse harte gaan verower nie! Dié selfleesboekies is gemik om agtjariges en ouer.
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R120-00*
*Prys onderhewig aan verandering