Lillie die heksie se sirkusbetowering

deur Knister

Lillie is ’n doodgewone dogtertjie … of so dínk sy, tot sy op ’n dag ’n towerboek langs haar bed ontdek. In ’n japtrap is Lillie fluks op pad om al wat ’n towerkunsie is onder die knie te kry … maar nie altyd sonder onverwagse gevolge nie. Boonop is niemand veronderstel om van haar toordery te weet nie – want sy is mos ’n geheime heksie!

In Lillie die heksie se sirkusbetowering is daar groot opgewondenheid wanneer Lillie se ma kaartjies kry vir die sirkus se galavertoning. En natuurlik beplan Lillie om van haar towerkunsies gebruik te maak om van hierdie vertoning ’n onvergeetlike skouspel te maak! Sal sy daarin slaag?

Vir twee dekades reeds swaai Lillie die heksie haar towerstaffie oor kinderboekrakke dwarsoor die wêreld. Met totale wêreldwye verkope van meer as 20 miljoen eksemplare en vertalings in 40 tale is geen towerformule nodig om te voorspel dat sy ook Afrikaanse harte gaan verower nie! Dié selfleesboekies is gemik om agtjariges en ouer.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R120-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Louw ·

Ons leer ons kinders met boeke van heksies en dwergies en kan dan nie besef hoekom hulle met hekse en towery deurmekaar raak as hulle ouer raak nie. Deur onkunde stel ons hulle bloot aan die dinge en hulle aanvaar dit as reg.

“As jy kom in die land wat die HERE jou God aan jou sal gee, moet jy nie leer om volgens die gruwels van daardie nasies te doen nie. Daar mag niemand by jou gevind word… wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie, of wat met besweringe omgaan, of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie. Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die HERE ‘n gruwel… Hierdie nasies… luister na goëlaars en waarsêers; maar wat jou aangaan, die HERE jou God het jou nie so iets toegelaat nie” (Deut. 18:9-14).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.