Lillie die heksie word ’n speurder

deur Knister

Lillie is ’n doodgewone dogtertjie … of so dínk sy, tot sy op ’n dag ’n towerboek langs haar bed ontdek. In ’n japtrap is Lillie fluks op pad om al wat ’n towerkunsie is onder die knie te kry … maar nie altyd sonder onverwagse gevolge nie. Boonop is niemand veronderstel om van haar toordery te weet nie – want sy is mos ’n geheime heksie!

Lillie se ma is baie ontsteld wanneer haar fiets gesteel word. Maar nie vir lank nie … Lillie toor vinnig die fiets weer terug! Met behulp van haar towerboek is Lillie vinnig op die mees uitgeslape fietsdief se spoor.

Vir twee dekades reeds swaai Lillie die heksie haar towerstaffie oor kinderboekrakke dwarsoor die wêreld. Met totale wêreldwye verkope van meer as 20 miljoen eksemplare en vertalings in 40 tale is geen towerformule nodig om te voorspel dat sy ook Afrikaanse harte gaan verower nie! Dié selfleesboekies is gemik om agtjariges en ouer.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R120-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.