Loui Fish: Onsinkbaar

Alita Steenkamp

Die tonge was al baie los oor die kletskoningin Loui Fish, en die lys van dinge wat sy geneom word, is lank: sosiale vlinder, partytjiepop, sekskatjie, flerrie, cougar. Maar voeg ook daarby: beeldskoon, suksesvol en gevat. Loui is inderdaad ‘n katjie wat jy nie sonder sagte handskoentjies moet aanpak nie – en boonop enig in haar soort. Dis immers nie elkeen van ons wat sosiaal verkeer met Victoria en David Beckham of wat kan spog met Jimmy Choo as ‘n persoonlike vriend of George Michael as ‘n voormalige buurman nie.

Onsinkbaar is ‘n verhaal van passie, geweld en liefde. Van ontwerpersklere en die gejaag na sukses. Maar dit vertel ook van ‘n weerlose Loui, wanneer sy gestroop van al hierdie dinge besef dat geld en glorie nie geluk bring nie, en dat wat ander van jou sê nie regtig saak maak nie.

Oor die outeur:

Alita Steenkamp is ’n vryskutjoernalis wat spesialiseer in persoonlikheidsprofiele. In die 12 jaar wat sy in die bedryf staan, het sy al verskeie voorbladartikels vir tydskrifte soos Vrouekeur, rooi rose, Lig en Taalgenoot geskryf. Alita slaag uitstekend daarin om iemand lewensgetrou op papier vas te vang. In 2009 was sy ’n medewerker in die skryf van Hestrie Cloete-Els se outobiografie, My pyn, my glorie, en in 2010 het sy Mathys Roets se inspirerende lewensverhaal in Steeds Mathys vertel.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R180-00*
*Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.