Louisa du Toit Omnibus 5

Louisa du Toit

In ’n poging om te ontsnap uit die knellende bestaan van armoede en sosiale isolasie wat haar ouerhuis kenmerk, kom Elna Osman in Skepe in die nag voor brandende kwessies te staan.
In Die huis langsaan verhuis Luther Luyten na Beukendal om veral die beeldskone Rhoda Baird vanuit Kaapstad agterna te lok sodat sy onder haar skatryk ouers se invloed kan uitkom. Dan ontmoet hy die ewe mooi Trix wat bedags verpleeguniform dra en in die nag kitaar speel.
In Soetendal se mense beskou Duif hom as immuun teen vroue – sy voete word egter onder sy lyf uit geslaan deur ‘n nuwe hoewel verbode liefde. Juis in hierdie tyd word hy opgespoor deur iemand uit sy verlede.
En in Die goue vuur aanvaar Bien Rademan ‘n onderwyspos op Kloofdal. Maar wat vir haar ‘n toevlug moes wees, word ‘n situasie van misverstand en verstrengelde verhoudinge. Het sy ‘n fout gemaak om hierheen te kom? En hoe lank sal sy nog haar hart se diepste hunkering kan verloën?

Oor die outeur
“Louisa du Toit” is die skuilnaam van ’n baie bekende, uiters gewilde skrywer, en sy het ook met dié skrywersnaam groot sukses behaal toe hierdie verhale oorspronklik verskyn het. Die skrywer woon in Pretoria.

Uitgewer: Jasmyn
Prys: R195,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.