[Luister] Afrikaanse skrywer pak steampunk

Die skrywer van 'Clint Eastwood van Wyk en die moordenaarsklok', Pieter Verwey. Foto: Facebook.

Pieter Verwey, die skrywer van ‘Clint Eastwood van Wyk en die moordenaarsklok’. Foto: Facebook.

Vir sommiges is steampunk nog ʼn vreemde konsep, maar hierdie sub-genre van wetenskapfiksie kan deesdae eerder as ʼn kultuur beskryf word en het oorgespoel na rolprente, musiek en selfs die modewêreld.

Dié genre is nou ook in Afrikaans aangepak in Pieter Verwey se eerste boek, Clint Eastwood van Wyk en die moordenaarsklok, wat elemente van steampunk bevat.

Pieter se belangstelling in steampunk het daartoe gelei dat hy ook onlangs sy meestersgraad oor dié onderwerp voltooi het en ook ʼn Afrikaanse woord daarvoor geskep het: ketelkoolteenkultuur.

Maroela Media het met Pieter gesels oor hoe hy besluit het op die Afrikaanse woord ketelkoolteenkultuur om dié wetenskapfiksiegenre mee te beskryf. Hy vertel ook wat sy belangstelling in dié rigting geprikkel het en wat gelei het tot die skryf van sy boek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.