Luister: Boek werp lig op Eugène Marais se verlore jare


Carel-van-der-Merwe-met-Donker-stroom

Carel van der Merwe tydens die bekendstelling van sy jongste boek ‘Donker stroom’ by Exclusive Books in die Kolonnade-winkelsentrum in Pretoria. Foto: Dia van Staden/Facebook.

Die skrywer Carel van der Merwe se vorige romans is met verskeie toekennings bekroon. Met sy jongste boek pak hy ʼn historiese biografiese werk aan wat die voetspore van die beroemde letterkundige, Eugène Marais, se tydperk as regstudent in Europa tydens die Anglo-Boereoorlog, volg. Leon Rosseau, wat Marais se lewensverhaal in Die groot verlange vasgepen het, het gemeen hierdie tydperk van Marais se lewe is vir altyd vir die geskiedenisboeke verlore.

Carel het by Maroela Media kom kuier en met Esté Meyer Jansen gesels oor sy boek Donker stroom: Eugène Marais en die Anglo-Boereoorlog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.