‘n Boek van Chanette Paul, bekende spanningsverhaalskrywer, is deur lesers aangewys as gewildste boek in Lapa-uitgewers se Lekkerlit-leeskompetisie.
Ewebeeld is die derde boek van die skrywer wat dié kroon behaal. In 2012 is Chanette se roman, Maanschijnbaai: Jo & Sue, die eerste van haar Maanschijnbaai-tweeluik as die Lekkerlit-wenner aangewys en daarna het haar roman, Siende blind, die kompetisie in 2013 gewen.
Esté Meyer Jansen het met Chanette vanuit Stanford in die Overberg gesels om uit te vind wat dié driekuns vir haar beteken: