Christien Neser se reeks boeke oor die avonture van Elle Kroon het reeds diep in tienermeisies, en ʼn paar volwasse lesers, se harte gekruip.
Christien het in Maroela Media se ateljee kom kuier en met Esté Meyer Jansen gesels oor die sewende boek in die reeks, Middernagklub. Sy het ook ʼn bietjie van haar eie ervaring van gr. 11 met ons gedeel.