Luister: Christine Barkhuizen-le Roux skryf om te weet sy is nie alleen nie


drieklawerblaar

‘Drieklawerblaar’ is die jongste roman uit die pen van die skrywer Christine Barkhuizen-le Roux. Foto: Verskaf.

Christine Barkhuizen-le Roux sê sy sou graag by die Nederlandse skrywer Simon Carmiggelt wou kers opsteek om uit te vind hoe hy daarin geslaag het om so fyn waar te neem en dit dan in sy skryfwerk weer te gee. Tog sou sommige lesers reken Barkhuizen-le Roux slaag reeds hierin met haar eie skryfwerk.

Twee van haar boeke, Padmaker (2010) en Getuie (2012), is as boekvoorlesings op RSG uitgesaai en pas weer uitgegee en haar jongste boek, Drieklawerblaar, is vroeër die maand bekendgestel.

Barkhuizen-le Roux sê sy het nie die storie agter Drieklawerblaar gaan soek nie, dit is vir haar aangebied. Dié verhaal het in haar hande ʼn meesleurende roman geword oor familie, grond en die ystergreep wat die verlede op ʼn mens kan hê.

Sy verweef die verhale van drie hoofkarakters: Kate Jooste, ʼn afgetrede verpleegster wat deur skuld gedryf word. Tinneke le Grange is ʼn gastehuiseienaar en weduwee en sy loop met eie verwyte. Abel Marais is ʼn koppige, moeilike man, ʼn wildboer in die Klein-Karoo – ʼn man met ʼn missie.

Drieklawerblaar vertel die verhaal van ʼn plaas wat verloor word en mense se verwyte, kyk na familiegeskiedenis en raak so ʼn bietjie aan die geskiedenis van die Ierse weeskinders van die aartappelhongersnood. Die boek bevat ook ʼn tikkie misterie van die Klein-Karoo se bygelowe.

  • Esté Meyer Jansen het met Christine Barkhuizen-le Roux gesels oor haar jongste boek. Luister na die onderhoud boaan hierdie berig.
  • Barkhuizen-le Roux se roman Drieklawerblaar kan direk by NB Uitgewers bestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sarie ·

Nie te ‘n slegte boek nie. Jammer sy praat van ‘n onegte kind in plaas van ‘n buite egtelike kind. In die boek.Weet ook nie waarom sy Ruben Riffel as die gaste plaas se sjef wou sien nie. Haar boek Getuie was beter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.