Luister: Fanie Viljoen gesels oor sy boek ‘Prooi’


Prooi.jpg

Met sy nuwe boek ‘Prooi’ maak die skrywer Fanie Viljoen sy oorgang  na volwasse literatuur.

Die gewilde tienerboekskrywer Fanie Viljoen se nuwe boek, Prooi, is bekendgestel. Met hierdie boek maak Fanie sy oorgang na volwasse literatuur, maar dit beteken nie dat hy klaar is met tienerboeke nie.

Maroela Media het met Fanie gesels oor die uitdagings van dié oorgang, waar hy inspirasie vir sy stories vandaan kry en watter opwindende projekte vir hom volgende voorlê.

Daar is ook ʼn geleentheid vir lesers om op 30 Mei ʼn boekbekendstelling van Prooi by te woon in Hatfield Pretoria waar Ilze Salzwedel met Fanie in gesprek tree oor die boek. Vir meer inligting besoek gerus Protea Boekwinkel se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.