Luister: Hannes van Wyk vereer die vroue in sy lewe


hannes-van-wyk-vroue-na-aan-my-hart

Hannes van Wyk se boek getiteld, ‘Vroue na aan my hart’. Foto: Nb.bookslive.co.za

Met die boek Vroue na aan my hart laat Hannes van Wyk, die aanbieder van Kwêla op kykNET, die kollig val op 40 vroue wat sy lewe aangeraak en geïnspireer het.

Die boek is ʼn ode aan Van Wyk se hartsvroue – sy ma, oumas, suster, vriendinne, hulle wat hom grootgemaak het en so deel is van wie hy vandag is. Daar is ook staaltjies en humoristiese vertellings oor talle bekende vroue wat ʼn invloed op sy lewe gehad het. Onder die bekendes tel Shaleen Surtie-Richards, Lizz Meiring, Wilna Snyman, Marga van Rooy, Rina Hugo, Sarah Theron, Amanda Strydom, Sonja Herholdt, Sandra Prinsloo, Karen Meiring, Margot Luyt, Carike Keuzenkamp, Elize Cawood, Anna Neethling-Pohl, Emsie Schoeman en selfs Evita.

Van die vertellings is soms lekker stout, maar dit is eerlik soos Van Wyk daarvan hou om ʼn storie te vertel. Die boek het ook talle pragfoto’s wat Vroue na aan my hart ʼn heerlike boek maak wat beslis weer en weer gelees kan word.

  • Hannes van Wyk het in Maroela Media se ateljee ʼn draai kom maak om te gesels oor sy boek, Vroue na aan my hart. Luister na sy gesprek met Esté Meyer Jansen boaan hierdie berig. Hy vertel ʼn staaltjie uit die boek en verduidelik hoekom dít ʼn hartsprojek was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.