Luister: Hettie Brittz skryf oor genade


Hettie-Brittz-by-Dagbreek

Hettie Brittz. Foto: Dagbreek/Youtube.com

Hettie Brittz se jongste boek handel oor genade.

Die boek, 10 Gebooie van Genade – ʼn Ekspedisie na vryheid, gee die leser ʼn kykie in Hettie se bergklimekspedisie teen Kilimanjaro uit en hoe dit haar pynlik stap vir stap nader aan God se genade gebring het.

Esté Meyer Jansen het met Hettie gesels oor die boek, haar reis teen die berg uit en genade:

  • Drie luisteraars staan ʼn kans om elkeen ʼn gratis kopie van Hettie se nuwe boek, 10 Gebooie van Genade, te wen. Die eerste drie luisteraars wat hulle kaartjies bespreek vir die bekendstelling van die boek op Vrydag 20 Maart by Koffietijd in Pretoria en sê hulle het die onderhoud op Maroela Media gehoor, kan ʼn gratis boek ontvang. Kaartjies vir die boekbekendstelling kos R120-00 per persoon en die geleentheid word gehou by Koffietijd op die hoek van De Villebois Mareuilrylaan en Atterburyweg in Pretoria om 09:00 tot 12:00 op 20 Maart. Bespreking kan gedoen word deur Koot te skakel by 012 991 5728.
10-Gebooie-van-genade-bekendstelling

Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.