Luister: Hoe lyk pad na soberheid?

Die pad na genesing van alkoholprobleme begin by erkenning, herkenning, en die regte motivering. Dit behels ook volgehoue inskakeling by ondersteuningsgroepe en professionele hulp.

Só sê Willie Pienaar in die laaste aflewering van Maroela Media se podsendingreeks oor alkoholmisbruik. Die reeks is gegrond op Willie se boek, Sober: ʼn Praktiese gids na vryheid van verslawing, wat deur Luca, ʼn druknaam van Lapa Uitgewers, uitgegee is.

“Daar is ʼn magdom mense wat alkoholafhanklikheid oorkom het en ʼn lewe van soberheid lei. Dit is werklik ʼn moeilike pad, maar beslis moontlik met professionele hulp en behandeling.

“Die pad na genesing lyk wel nie vir almal presies dieselfde nie. Party mense word gou gesond, terwyl ander mense terugslae beleef en harder moet werk om die probleme te oorkom. Dit maak nie saak hoe jou pad loop nie, solank jy net moed hou.”

Willie se raad aan iemand wat alkoholprobleme wil oorkom, is om elke dag met nuwe moed en ywer aan te pak, genadig met jouself te wees wanneer jy geval het, en sterk te leun op die ondersteuning van ander mense wat ook die pad na soberheid en genesing aandurf.

“Vermy in die eerste fase van jou proses situasies, omgewings of mense wat jou in die versoeking gaan stel. Styg uit bo sosiale omstandighede en glo in jouself dat jy die vermoë het om sober te leef.”

  • Luister boaan na die agtste episode van Maroela Media se podsendingreeks oor alkoholmisbruik.
  • Luister na vorige episodes in die reeks hier.
  • Sober kos R240 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek by Graffiti Boeke aan te skaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.