Die skrywer Irma Venter se jongste boek, Skarlaken, word beskryf as spanningslektuur uit die boonste rakke. Dit is die vierde boek in haar misdaadreeks en dié keer gee sy vir Jaap Reyneke en Sarah Fourie die geleentheid om onwaarskynlike speurvennote te word in die oplossing van ʼn moordsaak.
Esté Meyer Jansen van Maroela Media het met Irma gesels oor hoe die misdaadfiksie-genre haar gekies het en hoe uitdagend dit is om ʼn goeie moordtoneel in ʼn boek te skep.
- Lees ‘n resensie van Irma se jongste boek, Skarlaken, op Maroela Media.