“Dit is tans vir my skrikwekkend dat ons nie beurtkrag het nie, dit voorspel niks goed vir Suid-Afrika se ekonomie nie.”
Dít is die woorde van James-Brent Styan, ʼn voormalige joernalis wat sedert 2008 oor Eskom se elektrisiteitskrisis berig het. Hy het nou ʼn boek geskryf oor die krisis wat elke Suid-Afrikaner beïnvloed, en daarin beantwoord hy kwelvrae soos of die situasie gaan vererger of verbeter.
Blackout: The Eskom Crisis word uitgegee deur Jonathan Ball Publishers. Die boek kos R200 en is beskikbaar by Graffiti Boeke.
Esté Meyer Jansen het met James oor sy boek Blackout: The Eskom Crisis gesels.