Luister: Jou denke oor geld kan jou rykdom beïnvloed

V.l.n.r. is die skrywers van die boek “Rich Brain Poor Brain”: Wouter Snyman, dr. Kobus Neethling en dr. Raché Rutherford saam met Hykie Berg by die bekenstellingsaand. (Foto: Facebook)

Het jy al ooit gewonder waarom sommige mense maklik geld in rykdom omskep, terwyl ander mense altyd finansieel sukkel?

Die kreatiwiteitskenner, dr. Kobus Neethling, meen een van die belangrikste maniere om finansiële welvaart te skep het te doen met jou brein en hoe jy oor geld dink.

Neethling het saam met Wouter Snyman, ʼn finansiële kenner en stigter van finansiële diensfirma Attooh!, en dr. Raché Rutherford, medestigter van die Kreatiwiteitstigting van Suid-Afrika, kragte gesnoer. Die drie het ʼn unieke boek geskryf oor hoe om jou denkvoorkeure te verander om welvaart te help verseker.

Die span gebruik hulle dekades se wysheid en ervaring om jou te help om die sielkunde oor geld te verstaan. Die boek is ʼn gids vir jou finansiële welstandsreis. By die boek ingesluit, is ʼn heelbrein-rykdomprofiel, ʼn stap-vir-stap finansiële plan wat belyn is met jou unieke welvaartprofiel en ʼn rykbreindagboek wat ontwerp is om jou te help om van enige slegte geldgewoontes ontslae te raak, terwyl jy nuwe, beter gewoontes instel.

Neethling het met Maroela Media gesels oor die boek getiteld Rich Brain Poor Brain – wat binnekort ook in Afrikaans beskikbaar sal wees. Hy verduidelik hoe keuses die vertrekpunt van jou finansiële welvaart is. Luister na die volledige gesprek boaan hierdie berig.

  • Rich Brain, Poor Brain deur dr. Kobus Neethling, Wouter Snyman en dr. Raché Rutherford is beskikbaar by Bargain Books, alle goeie boekwinkels en kan aanlyn by Amazon bestel word. Besoek die Kobus Neethling-instituut se webwerf of Facebook-blad vir meer inligting oor die boek, breinprofiele en kreatiwiteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
MrMagic

Verseker, die lewe is ‘n lied.