Podcast: Play in new window

Kristel Loots gesels met Esté Meyer Jansen oor haar nuutste boek. Foto: Argief.
Die skrywer Kristel Loots se hoofkarakter in haar nuutste boek staan op die vooraand van haar vyftigste verjaarsdag. Tussen haar ouderdom, haar man se werk en haar kinders, voel dit of Katerina tussen drie pilare rondhardloop wat net gevaarlike krake in haar lewe veroorsaak. Tog is alles nie hopeloos nie, en Katerina besef haar mojo is nog lank nie verlore nie.
Kristel het uit Kaapstad met Esté Meyer Jansen gesels oor haar boek, die karakter en vroue se mojo:

Die skrywer, Kristel Loots, se karakters is mense en sy het die vermoë om humor in die donker dieptes van menswees te sien. Foto: Lapa.co.za