Lize Jacobs se debuutroman, Lost in Chance, is onlangs uitgereik en vertel die verhaal van ʼn boeremeisie wat haarself ontdek deur ʼn reis na Frankryk onderneem. Volgens Lize het sy en haar hoofkarakter, Chrisna, baie gemeen. Haar karakter is net bietjie meer bang en onseker van haar self, maar sy leer as sy haarself toelaat om verlore te raak in geleenthede gaan sy die moontlikheid kry om te wees wie sy is en te kry wat sy soek.
Esté Meyer Jansen het die geleentheid gehad om met Lize te gesels voor die bekendstelling van haar boek en meer uit te vind oor dié nuwe skrywer se skryfproses.