Luister: Louis Botha ondersoek die stories van Noordeinde met portretfoto’s


Louis-Botha-se-koffietafelboek-slow-down-look-again

Twee foto’s uit Louis Botha se koffietafelboek van die inwoners van Noordeinde. Foto: Verskaf.

Slow Down Look Again is ʼn besonderse versameling van swart-en-wit portretfoto’s wat die storie vertel van die inwoners van Noordeinde, ʼn woongebied in die Karoodorp Prins Albert. Louis het tussen 2012 en 2015 gepoog om met sy kamera die inwoners van die woongebied se stadiger pas eerlik en tydloos in ʼn koffietafelboek vas te vang.

Louis het ʼn draai in Pretoria kom maak en met Esté Meyer Jansen oor dié boek en sy fotografie gesels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.