Luister na ‘Sweepslag’ deur Annerle Barnard

Annerle Barnard

Paul en Alicia was op die verkeerde plek op die verkeerde tyd – Paul het ’n moord aanskou en Alicia het vir die eerste keer in haar lewe skool ge-bunk omdat sy ontsteld was oor iets wat gebeur het. Die twee hoërskoolleerders van Bloemfontein word saam met ander jongmense gevange gehou in ’n luukse huis vol gruwels. Uitkomkans is daar nie, maar dinge raak so erg dat hulle hul lewens gaan waag om weg te kom.

Sweepslag is ’n spanningsvolle verhaal wat temas soos mensehandel, dwelmhandel en moord aanraak.

Oor die outeur

Annerle Barnard het aan Hoërskool Wolmaransstad gematrikuleer en ʼn honneursgraad in Engels aan die Noordwes-Universiteit behaal, asook ʼn diploma in Hoër Onderwys. Aanvanklik het sy skoolgehou, maar haar later in die korporatiewe sektor begewe. Annerle is getroud en het twee sportiewe seuns en ’n wonderlike, ewe sportiewe, stiefdogter. Sy woon in Bloemfontein.

Sindikaat, haar tweede jeugroman wat pas uitgegee is, is ʼn avontuurverhaal, en verken kwessies soos smokkelary. Dit is in 2019 met ʼn silwer Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon.

  • Luister hierbo na ʼn voorlesing uit Sweepslagdeur Annerle Barnard. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.

Genre: Jeugfiksie
Prys: R200,00*
*Pryse onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.