Fanie Oliver is die samesteller van die boek Die heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte. Hy gesels met Esté Meyer Jansen oor die digbundel waarin jy saam met verskeie digters deur die liefde kan stap. Digters wie se werk in hierdie boek gelees kan word, is onder andere NP van Wyk Louw, Elisabeth Eybers, Ingrid Jonker, Breyten Breytenbach en TT Cloete, om maar net ʼn paar te noem.
Vind uit hoe die Afrikaanse liefdesgedigte oor die jare verander het en luister na Fanie se voorlesing van ʼn gedig of twee.
- Lees meer oor Die heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte op Maroela Media.