Luister: Op die spoor van die Bloedsusters met ʼn nuwe boek


VLEES EN BLOED_ finale voorblad

Die boek ‘Vlees en bloed’ uit die pen van Riëtte Rust kyk op ‘n vars manier na die werk van die Bloedsusters. Foto: Verskaf.

Dis nou 15 jaar nadat Eileen de Jager en Roelien Schutte, die vroue wat bekend staan as die Bloedsusters, hul onderneming begin het wat reeds meer as 7 000 misdaadtonele opgeruim het. Die boek Bloedsusters het die kollig op hul werk geplaas en nou, vyf jaar later, kyk die skrywer Riëtte Rust uit ʼn vars hoek na die Bloedsusters se werk in ʼn opvolgboek, Vlees en bloed.

Esté Meyer Jansen het die geleentheid gehad om met Riëtte te gesels oor wat lesers van dié boek kan verwag, terwyl Eileen en Roelien meer oor die uitdagings van hul werk vertel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

neelsie ·

Die verhale in die boek is ontstellend.
Die werk wat die mense doen is nie vir “normale”
mense nie.
Die hoofstuk oor geeste en engele stem ek nie mee saam nie.
Dankie vir hulle ,hulle maak sekerlik n verskil.

LOUISA PIETERS ·

Ek geniet hulle boeke. Hulle doen ‘n baie uitsonderlike werk. Sterk staan dames…julle is uitsonderlik!!

Tania ·

Vraag aan die susters. Julle doen ‘n ongewone maar uitsonderlike werk in omgewings waar grusame tonele afgespeel het. Word julle emosioneel oor sekere gevalle en kry jul nagmerries daaroor?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.